top of page
GKBO_Logo_No_Background.png

GKBO

Vr. 22 Okt.

|

Kromfonteinplaas, Op-Die-Berg

Pa en Seun Naweek

Leer eerlik en opreg by die Hemelse Vader hoe om pa en seun te wees.

Registration is Closed
See other events
Pa en Seun Naweek
Pa en Seun Naweek

Time & Location

22 Okt. 2021 17:00 – 24 Okt. 2021 14:00

Kromfonteinplaas, Op-Die-Berg , Die Dorp Op Die Berg, South Africa

Guests

About the event

Die wêreld het Christus nodig.  Huisgesinne het Christus nodig.  Ons kinders het Christus nodig. Jy is daai pa wat Christus in die wêreld en huisgesin moet leef.

Die naweek dink, wonder en praat ons pa taal.  Eerlik en opreg leer ons by ons Hemelse Vader hoe om 'n pa en seun te wees.  En natuurlik spandeer ons kwaliteit, avontuurgedrewe tyd saam met ons seuns.  Bespreek jou plek vir jou en jou seun(s) hier.  3 jaar en op behoort te werk vir die naweek.

Waar:  Kromfonteinplaas net verby Op-die-Berg dorp in die Koue Bokkeveld

Vervoer:  Elkeen is verantwoordelik om self daar te kom (Ons kan nader aan die tyd ry-reëlings tref)

Verblyf: Ons kamp (tent) rondom 'n berghut in die Cederberge.  Daar is spoeltoilette.  Daar is ook plek in die hut vir 'n paar mense om op matrasse op die grond te slaap as die tent ding nie vir jou is nie.

Koste: R250 per persoon (om die som eenvoudig te hou is dit vir pa's en seuns dieselfde)

Kos: Elkeen bring sy eie koffie, beskuit, braaivleis, vrugte en groente.  Ons braai elke aand en stokbrood word voorsien vir die Vrydagaand.  Kos vir Saterdag brunch word voorsien, asook aartappelslaai vir Saterdagaand.  Sondag eet ons eenvoudig - Witbrood en slaptjips.

Bring saam:  Kamptoerusting, slaaptoerusting, nodige kos en drinkdinge, stapskoene en wat jy ookal dink kan lekker wees vir die naweek.

Betaling: Betaal asseblief die gelde in die kerk se rekening in voor 8 Oktober 2021

Gereformeerde Kerk Bellville Oos: ABSA Tjekrekening: 1450 340 029 Takkode 334910

Verwysing: PSN + NAAM EN VAN         Stuur Bewys van Betaling na: fouriereynold@gmail.com

Vir Navrae:  Skakel vir Reynold : 084 7076 276

Share this event

bottom of page