Hoe om By te Dra

Debiet-order

Voltooi die bydrae-vorm wat die kerk toestemming gee om 'n bedrag van u rekening af te trek.

Bankoordrag

Gebruik u lidmaatnommer en van as verwysing by oorplasing.

Kontant / Tjek

Plaas in 'n koevert met u naam en lidmaatnommer in die kollekte-sakkie.

Aftrekorder

Gee u bank opdrag om maandeliks 'n bedrag oor te betaal.

Bankbesonderhede

Gereformeerde Kerk Bellville-Oos

Bank: Absa

Takkode: 632005

Rekening: 1450 340 029

Gebruik u Van, Naam & Wyk/GF as verwysing

Kassier: kassier@gkbo.org.za

Kollektes

Die kollekte tydens die diens gaan vir die Diakonale kas. Die kollektes by die deure word weekliks geoormerk vir verskillende projekte.

Diakonale Kollekte

Kollekte tydens die diens

Diakonale Kollekte

Kollekte by die Deure

Weekliks geoormerk

Kollekte by die Deure

Waarvoor Ons Kollekteer

Elsiesrivier Gemeente

Ons buurgemeente, Elsiesrivier, is geleë naby die Kaapse lughawe. Hulle het geen eie predikant nie, maar word voluit bedien deur ouderlinge met die hulp van ds. Reinder Kingma (konsulent). Hulle is kerk van Jesus Christus in 'n gemeenskap wat swaarkry onder armoede, diefstal, gesinsverbrokkeling en bendegeweld. Hulle vervul egter hulle roeping met groot geloof en passie.

Cross Roads

'n Gereformeerde kerk op die Kaapse Vlakte wat hoofsaaklik uit Xhosa-sprekendes bestaan. Hulle het geen eie predikant nie maar word voluit bedien deur ouderlinge met die hulp van ds. Anton van Rensburg (konsulent). Cross Roads hoop om in die afsienbare tyd weer 'n eie stukkie grond te bekom vir die oprigting van 'n kerkgebou.

Grassy Park

'n Gereformeerde Kerk op die Kaapse Vlakte wat voltyds bedien word deur ds. Rodney van Wyk. Hulle is kerk van Jesus Christus in 'n gemeenskap wat swaarkry onder armoede, diefstal, gesinsverbrokkeling en bendegeweld. Hulle vervul egter hulle roeping met groot geloof en passie.

Bolandse Bedieningsfonds

'n Hulpfonds van Klassis Boland vir behoeftige gemeentes in die Boland en die Suid-Kaap om predikantsbediening moontlik te maak en te vestig.

Sustentasiefonds

Hierdie fonds bied hulp aan behoeftige Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika om predikantsbediening moontlik te maak.

Emeritaatsfonds

Hierdie aanvullende "pensioenfonds" word gebruik om die emerituspredikante van die Gereformeerde Kerke met lewensonderhoud en mediese bystand eervol te versorg.

Thuso vir Emeriti

'n Hulpfonds vir die versorging van emeritus predikante uit die voormalige sinode Middelande en Soutpansberg en hulle gesinne. Thuso is sowel die Sotho- as die Tswana-woord vir "hulp".

Afgetrede Helpers en Evangeliste

'n "Pensioenfonds" vir afgetrede helpers en evangeliste in die Suidelike Part-Sinode.

Kinderhuise in die Kerkverband

Naamlik die President Kruger Kinderhuise te Pretoria en Reddersburg. Hulle is tot 'n groot mate afhanklik van donasies, aangesien die staatsubsidie nie naastenby voldoende is nie. Hierdie kinderhuise is geregistreerde nie-winsgewende organisasies wat versorging bied aan hulpbehoewende kinders. Ongeveer 90% van hierdie kinders kom uit getraumatiseerde huisomgewings. Beide kinderhuise is geregistreer om 63 kinders elk te huisves.

TSP-Studentekas

'n Hulpfonds vir studente aan die Teologiese Skool te Potchefstroom. Ons is dankbaar om te berig dat een van die jongmense uit ons gemeente (wat geroepe gevoel het om predikant te word) verlede jaar afgestudeer het. Twee ander jongmense uit ons gemeente is tans besig met hul studies aan die Teologiese skool te Potchefstroom.

Bybelverspreiding

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika bestaan om aan die kerk en al die inwoners van Suid-Afrika bekostigbare Bybels te voorsien, vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Deputate Jeugsorg

Die taak en funksie van die Deputate Jeugsorg is onder andere om die jeug van die GKSA te bedien deur kommunikasie en toerusting.

Ekumenisiteit

'n Fonds vir Woordbediening aan Gereformeerdes in die buiteland, veral in Londen.

Die Kerkblad

Die gemeente ondersteun Die Kerkblad en ander kerklike tydskrifte van die GKSA.

Expando

'n Diens aan predikante en gemeentes om hulle te ondersteun deur middel van toerusting en begeleiding. Dit sluit in die geestelike gesondheid van predikante en gemeentes.

Huis Boland

Huis Boland is 'n aftree-oord in Bellville.

Dankbaarheidsfonds

'n Fonds wat tydens die 150-jarige fees van die GKSA daargestel is. Dit word onder andere gebruik om nood by afgetrede predikante te verlig, asook vir ander kerklike en koninkryksbehoeftes.

Bediening aan Blindes en Dowes

'n Fonds wat deur die gemeente in Worcester geadministreer word, aangesien van hulle lidmate woon en werk by van die volgende instansies: Kaleidoskoop, Pionierskool vir Blindes en De la Bat skool vir Dowes.