“
“Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.”
Ons Beraders
Opleiding
- ThD in Praktiese Teologie (NWU)
- Pastorale Terapie (UNISA)
- Bybelse Berading (ABBO)
- Kinderberading (Petra)
Ervaring
- Gemeente-pastor (28 jr)
- Bybelse berader (26 jr)
- Opleier van beraders (20 jr)
- Bestuurder by ABBO (15 jr)
Fokusareas
- Huwelik: Keuse & voorbereiding; toewyding; kommunikasie; konflikhantering; seks
- Ouers en kinders: Ouer-kind-verhouding 0–18jr; vestiging van identiteit
- Trauma: Akute trauma; ouerhuis-trauma; seksuele trauma; kroniese trauma; post trauma
- Verslawings: Verhoudings; middels; voedsel; geld; seks
Opleiding
- B.Com — Finansiële Bestuur (2016)
- ABBO Kursusse 1 & 2 (2019–2021)
Ervaring
- Finansiële Instellings — Bankwese & Beleggings (20 jr)
- Voorsitter van diakonie GKBO (10 jr+)
- Barmhartigheidsdiens: jarelange informele berading
- ABBO — Berader (2022)
Fokusareas
- Finansiële Rentmeesterskap
- Rou en verliesverwerking
- Konflik en verhoudings
Opleiding
- B.Comm. (UPE)
- B.D. (Universiteit Pretoria)
- Nagraadse navorsing (Theologische Universiteit Kampen, Nederland)
- M.Th. — Spesialisasie Christelike Etiek (Universiteit Stellenbosch)
Ervaring
- Gemeentepastor (19 jr)
- Private beradingspraktyk (5 jr)
- Predikant (10 jr) by Reformatoriese Studiesentrum
Fokusareas
- Algemene etiese vraagstukke
- Seksualiteit en geslagtelikheid
- Genadedood, selfdoding
- Reg en geregtigheid, lewenseinde
- Huwelik, egskeiding, hertrou en huwelikvoorbereiding
Opleiding
- Christelike Hoër Onderwys Diploma (Potchefstroom)
- ABBO-kursusse 1, 2, 3, 5 + tans 4
- O.l.v. dr Vorster Combrink, dr Marius Schalekamp, Johan Eloff
Ervaring
- Onderwys — IEB, GCSE, ACE (1985–2014)
- Berading (2014–2022)
Fokusareas
- Vroue en kinders
- Egskeiding, dood, rou
- Huwelik, mishandeling
- Aftrede, konflik
- Skolastiese vordering, selfbeeld en identiteit
Wat Kos die Berading?
Berading geskied teen R350 per uur, maar kan ook afwaarts aangepas word by die finansiële vermoë van die kliënt.
Vergoeding vir berading aan 'n behoeftige lidmaat kan vooraf vertroulik in oorleg met die voorsitter van die diakonie gereël word.
Vergoeding vir berading aan 'n behoeftige kerklose persoon kan vooraf met die voorsitter van die evangelisasiekomitee gereël word.
'n Lidmaat van 'n ander gemeente wat nie die beradingsfooi kan bekostig nie / gedeeltelik kan bekostig, kan sy/haar gemeente nader vir geldelike hulp.
Waar Vind die Berading Plaas?
Berading vind plaas in:
Adres: Cherrystraat 4, Belair, Bellville, Kaapstad



