Sending2026-06-071 min lees

Die volgende Bybelplasing na Angola (Huambo, Benguela en Lubango) vind plaas van 4 – 18 Julie. Die mikpunt is om 5000 Bybels oor die grense te neem na mense wat honger is vir die Woord, maar nie 'n eie Bybel besit nie.

Pastore verdeel 'n enkele Bybel op in die afsonderlike boeke en ruil hierdie dele uit om in al die areas wat hulle bedien die Woord te kan verkondig. Die opgewondenheid wat elke persoon wat sy of haar eie Bybel ontvang, is groot. Help ons om hierdie moontlik te maak!

Indien u wil bydra vir hierdie uitreik, betaal asseblief in die kerk se rekening met die volgende verwysings:

  • Vir Bybels: u naam + Angola Bybels
  • Vir borg vir medewerkers: u naam + Angola Borg