Barmhartigheid2026-02-081 min lees
GF 36 gaan in samewerking met Louise Coetzee die breiprojek aanpak. Almal wie se hande kan woel, is welkom om saam te werk. Om "warmte" uit te deel, het ons truie, musse, serpe en handskoene nodig.
Skenkings van wol sal ook welkom wees. Met die hulp van 'n maatskaplike werker sal die items uitgedeel word waar daar 'n behoefte is. Ons weet die naalde gaan begin kletter.
As jy deel wil word van die breigroep en/of wil help met die breiprojek, sluit asseblief aan by die WhatsApp-groep: https://chat.whatsapp.com/CXn163Iamn0Kk4PX4Jas1T
Alternatiewelik, skakel met Wilma van der Lith, Kotie Wouda of die kerkkantoor. Ons voeg jou met liefde by die groep.
