Geliefde gemeente, soos baie van julle weet, het van ons kinders die afgelope twee jaar met groot entoesiasme aan die nasionale Bybelvasvra deelgeneem. Nou wil hulle – saam met hul ouers – graag die pret (en die kennis!) met die hele gemeente deel.
U word hartlik uitgenooi om teen die kinders én saam met mekaar deel te neem aan 'n Bybelvasvra wat sommer baie lekker en ontspanne is.
Ons gaan dit doen met Kahoot – 'n eenvoudige, interaktiewe aanlyn vasvraprogram waar vrae op 'n skerm verskyn en deelnemers met hul selfone of tablette antwoorde kies. Dit is vinnig, vrolik en geskik vir jonk én oud. Geen tegniese kennis nodig nie – net 'n toestel en 'n glimlag!
Ons speel Kahoot op die volgende Sondae om 17:00 en fokus elke keer op 'n spesifieke Skrifgedeelte:
- Vanaand – 1 Timoteus 1–6
- 17 Mei – Handelinge 1–12
- 21 Junie – Joël 1–3
Merk dit gerus in u dagboek en lees die gedeeltes vooraf. Kom toets u Bybelkennis, leer iets nuuts, en geniet 'n lekker saamkuier in die Woord. Ons sien uit daarna om saam met u te speel!
