Aankondiging2026-02-011 min lees· August Sander, Sameroeper: Fin. Komitee
In November 2025 is 'n nuwe bydrae begrotingsvorm aan alle besoekpunte per epos uitgestuur (ook beskikbaar op die GKBO webtuiste).
Ons het reeds 110 van hierdie vorms terug ontvang (20% van die totaal) waarvoor ons dankbaar is. Die gemiddeld van die kerkkas verhogings uit hierdie 110 vorms is egter 0% (dws dit bly dieselfde as vorige jaar).
Die afgelope week is 'n epos weer gestuur vir lidmate met die betrokke vorm en ons doen weereens 'n beroep dat die uitstaande vorms hierdie week (teen 6 Februarie asb.) teruggestuur word.
