Gemeente2026-01-181 min lees· Fin. Komitee

In November 2025 is 'n nuwe bydrae begrotingsvorm aan alle besoekpunte per epos uitgestuur (ook beskikbaar op die GKBO webtuiste). Die gedagte was dat elke getroude paar asook alle alleenlopende belydende lidmate hierdie vorm voltooi en voor 15 Desember 2025 aan die kassier ([e-pos verborge — meld aan om te sien]) terugstuur, met as mikpunte:

  • 80% van vorms terug te ontvang voor 15 Desember 2025
  • 'n gemiddelde verhoging van ten minste 5% in kerkkas bydraes vir 2026

Baie dankie aan die lidmate wat reeds gereageer het! Tans lyk die statistieke soos volg:

  • Aantal vorms uitgestuur: 575
  • Aantal vorms terug ontvang: 74 (slegs 13%)
  • Gemiddelde kerkkas verhoging: 1.0%

Die finansiële komitee is teleurgesteld en bekommerd oor die stadige reaksie, aangesien 'n begroting in die komende weke opgestel moet word waarin uitgawes met inflasie aangepas moet word.

Die sperdatum vir die begrotingsvorm is geskuif na 6 Februarie 2026 om meer lidmate die geleentheid te gee. Verdere stappe sluit in: a) Afskrifte van die Bydraevorm is op die tafels in die portale geplaas – vul asseblief in en epos dit terug aan die kassier: [e-pos verborge — meld aan om te sien] b) Herhaling van die epos wat in November uitgestuur is c) Weeklikse terugvoering oor die vorms wat terug ontvang is

Lidmate word versoek om met erns die saak van kerklike bydraes te beskou en waar moontlik hulle bydraes te verhoog (ten minste met die effek van inflasie).

August Sander, Sameroeper: Fin. Komitee

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.