Dankie2026-01-181 min lees· Charitas
Charitas bedank almal vir die Skooltassie-projek

Charitas wil van harte dankie sê aan elkeen wat bygedra het tot Skooltassie se skoolsakkie-projek. Deur julle ruimhartigheid is laerskoolkinders geseën en bemoedig, en 'n spesiale dank aan die Diakonie vir julle liefdevolle ondersteuning. Julle betrokkenheid het 'n groot verskil gemaak!

"Wie hom oor die arme ontferm, leen aan die Here." (Spreuke 19:17)

In Sy Diens, Die Charitas Span