
Charitas se tutorprogram het die week weer in Goliath Estate afgeskop! Die program is daarop gemik om 'n veilige spasie te skep waar laerskoolleerders huiswerkhulp ontvang.
Tans word die tutors se toelae en basiese skryfbehoeftes deur 'n ruimhartige donasie van Euromonitor International (EMI) gedek.
Maar baie van die leerders kom direk van die skool af met leë magies by die sessies aan. Ons wil graag 'n rotasie begin van mense wat kan help met 'n ligte snack vir 10 kinders op 'n Dinsdag.
Indien jy wil help maar nie die versnaperings by Goliath Estate kan kry nie, kan ons 'n plan maak om nie-bederfbare bydraes (bv. Breakfast bars of tuisgemaakte crunchies) vooraf in te win en dan by die kinders te besorg.
Kontak Maryke Malan ([nommer verborge — meld aan om te sien]).
