Een van die pilare van die Westerse Kunsmusiek, Mozart se laaste werk, sy Requiem, word op 18 April 2026 deur Con Spirito Filharmonies uitgevoer. Die werk het besondere betekenis vir Christene omdat die teks teologies gegrond is op die Bybel. Die instudering en uitvoering is altyd 'n ryk geestelike belewenis.
Con Spirito Filharmonies fokus op uitgebreide koorwerke met simfonie-orkes. 'n Groot koor skep 'n wonderlike klank en ons wil soveel as moontlik koorlede saam met ons op die reis neem en het veral behoefte aan die dieper klanke van tenore en basse. Ons nooi jou vriendelik uit om by ons aan te sluit.
Oefening is Maandagaande van 19:00 tot 21:00 in die GKBO in Cherrystraat 4 in Belair. Die week voor die uitvoering oefen ons die Woensdag- en Vrydagaande met die orkes in voorbereiding vir die uitvoering op Saterdag, 18 April.
Kontak Sjoerd Alkema by [nommer verborge — meld aan om te sien] of [e-pos verborge — meld aan om te sien] vir meer inligting.
