Sending2026-01-181 min lees
Crossroads Prison Ministries is 'n gevangenisbediening gebaseer op die beginsel van 'n korrespondensiekursus, en behels die nasien van Bybelstudielesse wat deur gevangenes (studente) voltooi word. Die nasienwerk word deur die CPM-kantoor verskaf en word anoniem verrig deur mentors (vrywilligers) vanuit die veiligheid en privaatheid van hul eie huis.
Die volgende opleiding vir mentors is DV:
- Datum: Saterdag, 24 Januarie 2026
- Tyd: 09:00–13:00
- Plek: Gereformeerde Kerk Bellville, Broadwaystraat 6, Vredelust, Bellville (oorkant Louis Leipoldt Medikliniek)
- Kontakpersoon: Margo Nijeboer by [nommer verborge — meld aan om te sien]
Onseker of jy wil betrokke raak? W/app vir Margo en sy stuur vir jou 'n kort video wat hierdie evangelisasie-uitreik verder verduidelik.
Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.
