Gebeure2026-05-311 min lees· Kerkraad

Daar is onlangs, op versoek van GK Jeffreysbaai en Wolmaransstad, deur Klassis Potchefstroom 'n Dag van Verootmoediging en gebed op Sondag 31 Mei uitgeroep. Die volgende omstandighede word as motivering vir hierdie dag van verootmoediging en gebed gegee:

  • In die lig van die besluit van die Algemene Sinode van 2026 oor die onderwerp van die VIDA, word spanning en verdeeldheid binne die GKSA ervaar.
  • Die krisis van stygende lewenskoste as gevolg van die oorlog in die Midde-Ooste, asook die wydverspreide en voortgaande uitbreking van bek-en-klouseer, tesame met die gevolge van onlangse streeksrampe soos vloede en veldbrande.
  • Die ellende wat veroorsaak word deur volgehoue korrupsie en misdaad, veral soos dit aan die lig kom binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens, in die lig van die Skriftuurlike belofte dat wetsgehoorsame burgers nie die owerhede hoef te vrees nie (Rom 13).

Ons vra u as gemeente om met erns oor hierdie sake te bid vir die leiding van die Heilige Gees en dat die Here sal intree en uitkoms gee.

Gebedsgeleentheid: Vandag, Gesprekskamer, 9:00