Aankondiging2026-04-121 min lees· Ds Cassie Aucamp

Geliefde broeder en suster,

Ons doen met vrymoedigheid 'n beroep op u met die oog op 'n dringende saak in die versorging van ons emerituspredikante en -weduwees.

Die Emeritaats-Versorgings Kombinasie is in 1994 deur al die kerke in die Nasionale Sinode gestig om in kombinasie hande te vat en mekaar te help om ons emeriti en hul afhanklikes en weduwees eervol te versorg.

In 2022 het die kerke in kombinasie saam die Sorg Met Eer projek geloods ten einde 'n dreigende 25% vermindering in die versorgingsbedrag te voorkom.

  • Die uitstaande verpligtinge was volgens 2023 se berekeninge meer as R11m vir 10 jaar.
  • In 2024/25 moes 'n ekstra R6m vir 5,5 jaar ingesamel word.
  • Vir die huidige 2025/26 boekjaar het dit verminder na R3m vir 7 jaar.

Die posisie vir die 2025/26 jaar is sodanig dat nog nie die eerste miljoen van die benodigde R3m ingekry is nie. Ons doen hiermee 'n dringende beroep op ons kerke en individuele lidmate om nog voor einde Junie 'n spesiale bydrae tot Sorg Met Eer te maak.

U kan u vrywillige bydraes oorbetaal in: Geref. Emeritaatsorg, ABSA rek. 670288412. Verwysing SME en u naam, en stuur die bewys aan [e-pos verborge — meld aan om te sien].

Help ons in die twee maande wat oor is om die Sorg Met Eer projek, soos in die verlede, ook oor 2025/26 se steil bult te kry. Dit is ons eer!

— Ds. Cassie Aucamp (SME organiseerder), 8 April 2026

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.