Ons doen met vrymoedigheid 'n beroep op u met die oog op 'n dringende saak in die versorging van ons emerituspredikante en -weduwees.
Die Emeritaats-Versorgings Kombinasie is in 1994 deur al die kerke in die Nasionale Sinode gestig om in kombinasie hande te vat en mekaar te help om ons emeriti en hul afhanklikes en weduwees eervol te versorg.
In 2022 het die kerke in kombinasie saam die Sorg Met Eer-projek geloods ten einde 'n dreigende 25%-vermindering in die versorgingsbedrag te voorkom.
- Volgens 2023 se berekeninge was die uitstaande verpligtinge meer as R11m vir 10 jaar.
- In 2024/25 moes ekstra R6m vir 5,5 jaar ingesamel word.
- Vir die huidige 2025/26 boekjaar het dit verminder na R3m vir 7 jaar.
Die posisie vir die 2025/26 jaar is sodanig dat die eerste miljoen van die benodigde R3m nog nie ingekry is nie. Aangesien Sorg Met Eer 'n vrywillige projek na vermoë is, word 'n dringende beroep op kerke en individuele lidmate gedoen om nog voor einde Junie 'n spesiale bydrae te maak.
U kan u vrywillige bydraes oorbetaal in: Geref. Emeritaatsorg, ABSA rek. 670288412. Verwysing SME en u naam, en stuur die bewys aan [e-pos verborge — meld aan om te sien].
Ds. Cassie Aucamp (SME organiseerder), 8 April 2026
