Eredienste2026-01-251 min lees
Ds Jaco Linde word DV bevestig as mede-leraar

Op DV Saterdag 31 Januarie word Ds Jaco hier by ons in die kerkgebou bevestig as ons mede-leraar om 16:00. Ons kuier lekker saam na die verrigtinge. Ds Jaco sal DV Sondag 1 Februarie tydens die oggenderediens sy intreepreek lewer.

Ons bid hom en Suzaan die ryke seën van die Here toe met hulle nuwe roeping by GKBO.

Bespreek asseblief u plek op die webtuiste voor 26 Januarie om 17:00 sodat ons getalle kan vasmaak vir die verversings: http://www.gkbo.org/gebeure