Barmhartigheid2026-05-311 min lees
Sal diegene wat nog skenkings wil maak vir Helpende Hand, alle items in die houers in die portale plaas. Ons wil die oorhandiging op 4 Junie doen sodat daar darem al 'n paar lyfies warm is voordat nog koue toeslaan. Kontak vir Wilma of Kotie vir meer inligting.
Helpende Hand het nog 'n dringende versoek gerig. Mense in die Worcester/Robertson area kry bitter swaar na die onlangse vloede, sommige van hulle het alles verloor. Indien u op enige manier kan help met breekgoed, beddegoed of enige bruikbare huishoudelike ware wat in onbruik is, kontak asseblief vir Wilma van der Lith.
Baie dankie dat u ook uitreik na hierdie mense.
