Projek2026-06-071 min lees· Jeugbediening
GKBO jeug vat hande met MES om minder bevoorregtes te help

GKBO se jeug wil graag hande vat met MES om minder bevoorregtes te help. MES is 'n NPO, gebou op Christelike waardes, wat hawelose mense help om weer op hulle voete te kom. 'n Paar jaar gelede het ons gemeente vir hulle droë bestanddele vir sop gestuur, en ons wil dit graag hierdie jaar weer doen. Met die koue en reën benodig hulle veral in die winter hulp om voedsel te voorsien aan mense wat hulp nodig het.

Die Laerskool kinders gaan help om die gedroogde bestanddele bymekaar te sit sodat die MES sopkombuis net hoef te kook. Van die Hoërskool-katkisasieklasse gaan op 21 Junie 2026 MES besoek om die sop af te lewer en eerstehands te sien wat MES alles doen.

In die voorportaal sal daar 'n swart boks wees waarin skenkings asseblief teen 17 Junie geplaas kan word. By voorbaat baie dankie vir die gemeente se hulp met die uitreik liefdesprojek.

Vir verdere vrae kontak asseblief vir Zea Duffy ([nommer verborge — meld aan om te sien]). Om meer oor MES uit te vind besoek gerus hulle webtuiste: mes.org.za

Benodigde bestanddele:

Lensiesop mengsel:

  • "No soak" gesplete groen ertjies
  • Gedroogde uie of ui-spesery
  • "No soak" rooi, geel of bruin lensies
  • Vleisaftreksel blokkies
  • "No soak" pêrel gort
  • "No soak" sopmengsel
  • Pietersielie
  • Tiemie

Gesplete-ertjies:

  • "No soak" gesplete groen ertjies
  • Gedroogde uie of ui-spesery
  • Knoffel vlokkies of knoffel spesery
  • Aftreksel blokkies
  • Lourier blare
Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.