Gebeure2026-05-031 min lees

Huis Boland hou weer op 9 Mei van 9:00 tot 12:00 hulle jaarlikse basaar. Die inwoners sien uit daarna om ons daar te kan verwelkom. Alle fondse word gebruik vir die 136 inwoners wat tans daar woon. Ons kan uitsien na die alombekende pasteie, pannekoek, lekkers, koek, naaldwerk en 'n Wit Olifanttafel – net om 'n paar te noem. Kom maar vroeg! Die tafels word vinnig leeg gekoop.

Hier is ook 'n versoek van die inwoners: Hulle vra graag donasies van koek of koekies, bestanddele vir die nageregte (bv. jellies, vla ens.) asook vir die pannekoek. Enige items in die huis wat nie meer gebruik word nie maar wat nog netjies, heel en bruikbaar is, sal met graagte vir die Wit Olifanttafel aanvaar word. Daar is hierdie jaar ook 'n rak vir netjiese tweedehandse klere wat ook donasies nodig het. Donasies kan by Debbie by Huis Boland afgegee word.

Enige donasies vir die gebaktafel moet asseblief teen Vrydag by Huis Boland afgelewer wees. Baie dankie.