Dankie2026-06-211 min lees
Huis Boland se Kermis lewer R30 516 op

Met Huis Boland se onlangse Kermis in Mei, is 'n mooi bedrag van R30 516 netto wins geïn. Huis Boland wil graag dankie sê aan almal wat betrokke was om hierdie Kermis 'n suksesvolle geleentheid te maak: die inwoners self wat items of kontant geskenk het, al die kerke wat betrokke was, skenkings van bestanddele en produkte, familie en vriende van inwoners, ondersteuners van die kermis en die toegewyde personeel.

Fondse word weereens aangewend vir projekte/aankope wat die inwoners direk sal baat. Baie dankie aan elkeen!