Barmhartigheid2026-03-081 min lees
-
Ons is opsoek na 'n bruikbare tweedehandse selfoon (met charger) wat iemand bereid sal wees om te skenk. Dit is vir 'n jong man wat hard werk en kontak moet kan maak met familie en kollegas asook om vervoer te kan reël. Dit sal baie waardeer word. Kontak gerus vir Laetitia van Dalen ([nommer verborge — meld aan om te sien]).
-
Ons is tans opsoek na die volgende benodighede:
- Voedingskema: Ons benodig asseblief 'n groot pot van 40 liter of groter.
- Spesiale Geleentheid – Sondag 29 Maart: Een van die dogters word daardie Sondag in die kerk aangeneem. Ons is opsoek na 'n geskikte rok (grootte 40) vir die geleentheid. Sagte of ligte kleure sal baie welkom wees.
Indien jy kan help of meer inligting verlang, kontak gerus Ria Breed – [nommer verborge — meld aan om te sien]. Baie dankie vir elkeen se omgee en ondersteuning.
-
Dan is daar 'n tannie by Goliath wat omtrent 10m ogiesdraad nodig het om haar groenteakkertjie teen haar muur mee toe te maak en 'n ander wat 'n yskassie soek.
Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.
