Barmhartigheid2026-05-101 min lees

Laptop benodig: Ons is opsoek na 'n bruikbare, tweedehandse laptop (skootrekenaar) wat iemand bereid sal wees om te skenk. Dit moet verkieslik nie ouer as twee jaar wees nie. Dit is vir een van ons naburige gemeentes. Dit sal baie waardeer word. Kontak gerus vir Hennie Kruger.

Uitskop-stoel benodig: 'n Vroue-lidmaat van die Gereformeerde Kerk Elsiesrivier het 'n paar maande gelede 'n beroerte gehad en is tans fisies gestremd. Sy is 'n pensionaris en word tuis versorg. Sy benodig 'n uitskop-stoel (Lazyboy) aangesien sy moeilik alleen op 'n gewone stoel kan sit. Indien jy kan help, skakel asseblief vir Vorster Combrink by [nommer verborge — meld aan om te sien].

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.