Jeug2026-01-111 min lees

Die katkisasieklasse vir alle skoolgaande kinders begin DV weer volgende week (18 Januarie). Kinders met hulle ouers kom na die oggenderediens in die kerk bymekaar vir die opening waarna die kinders in klasgroepe saam met hulle onderskeie hulpkategete na hulle klasse geneem word.

Ons sê baie dankie aan al die hulpkategete wat hierdie jaar weer hand opgesteek het om ons kosbare verbondskinders, saam met die ouers, op hul geloofspad te begelei. Ons bid almal die seën van die Here toe met hierdie belangrike taak.