Barmhartigheid2026-02-221 min lees
Baie dankie vir al die skenkings wat ons die afgelope twee maande ontvang het. Ons is voorwaar 'n gemeente wat baie skenk!!
Ons het die afgelope maand 'n hele aantal individue asook gesinne gehelp met skenkings van klere en skoene vir kinders, mans en dames. 'n Pasgebore babatjie is ook uitgerus met kleertjies, handdoeke en 'n kombersie. Loof die Here!
Ons kon ook skoolklere vir Charitas gee en klere vir Durbanville Kinderhuis.
Skenkings van veral beddegoed, linne en gordyne is ook baie welkom. Plaas asseblief sakke gemerk as "Klerebank" in die Kerkgebou se voorportaal.
Baie dankie, dit word waardeer. Vir navrae of versoeke kontak gerus vir Anel Oosthuysen.
