Barmhartigheid2026-05-031 min lees

Die Klerebank wil graag hulp verleen aan 'n kleuterskooltjie by GK Crossroads. Hulle benodig veral warm wintersklere en kombersies vir omtrent 30 kindertjies (3-6 jaar oud). Klere vir ouer boeties en sussies is ook welkom. Enige bydraes sal waardeer word en kan in die Klerebank-houer in die portaal geplaas word. Baie dankie! Kontak Anel Oosthuysen met enige navrae.