GKBO se jeug wil graag hande vat met MES om minder bevoorregtes te help. MES is 'n NPO wat hawelose mense help om weer op hulle voete te kom. Hulle organisasie is gebou op Christelike waardes. 'n Paar jaar gelede het ons gemeente vir hulle droë bestanddele vir sop gestuur, ons wil dit graag hierdie jaar weer doen. Met die koue en reën benodig hulle veral in die winter hulp om voedsel te voorsien aan die mense wat hulp nodig het.
Hierdie uitreik benodig ons almal se hulp. Die Laerskool kinders gaan op een Sondag help om die gedroogde bestanddele bymekaar te sit sodat die MES sopkombuis net die sop hoef te kook. Party van die Hoërskool-katkisasieklasse gaan op 21 Junie 2026 MES besoek om die sop af te lewer en eerstehands te sien wat MES alles doen.
Ons benodig skenkings om hierdie projek moontlik te maak. Voor in die voorportaal sal daar 'n swart boks wees waarin skenkings geplaas kan word. Alle skenkings moet asseblief teen 17 Junie gebring word. By voorbaat baie dankie vir die hele gemeente se hulp met die uitreik liefdesprojek.
Vir enige verdere vrae kontak asseblief vir Zea Duffy ([nommer verborge — meld aan om te sien])
Om meer oor MES uit te vind besoek gerus hulle webtuiste: mes.org.za
Ons vra asseblief die volgende bestanddele:
Gesplete-ertjies:
- "No soak" gesplete groen ertjies
- Gedroogde uie of ui spesery
- Knoffel vlokkies of knoffel spesery
- Aftreksel blokkies
- Lourier blare
Lensiesop mengsel:
- "No soak" gesplete groen ertjies
- Gedroogde uie of ui-spesery
- "No soak" rooi, geel of bruin lensies
- Vleisaftreksel blokkies
- "No soak" pêrel gort
- "No soak" sopmengsel
- Pietersielie
- Tiemie
