Barmhartigheid2026-05-171 min lees
Die Klerebank wil graag hulp verleen aan 'n kleuterskooltjie by GK Crossroads. Hulle benodig veral warm wintersklere en kombersies vir omtrent 30 kindertjies (3-6 jaar oud). Klere vir ouer boeties en sussies is ook welkom. Enige bydraes sal waardeer word en kan in die CROSS ROADS houer in die portaal geplaas word. Baie dankie!
Kontak Anel Oosthuysen met enige navrae.
