Aankondiging2026-01-181 min lees· Kuratorium GKSA
Kuratorium: inskrywing van kandidaatstudente by Teologiese Skool

Art 19 van die Kerkorde bepaal dat: "Die kerk moet soveel nodig sorg dat daar studente in die Teologie is wat deur hulle ondersteun word". Derhalwe rig die Kuratorium hierdie skrywe aan die kerke.

Die Algemene Sinode 2026 het bevestig dat kandidaatstudente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA), dit wil sê studente wat opgelei word om Woordbedienaars binne die GKSA te word, deur die Teologiese Skool Potchefstroom (TSP) opgelei word. Derhalwe skryf alle GKSA studente – huidige en voornemende studente – by die TSP in.

Die Sinode het besluit dat wat die akademiese opleiding van nuwe kandidaatstudente betref, dit wil sê studente wat in 2026 eerstejaars is, óf by die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA) óf by Mukhanyo Teologiese Kollege (MTC) kan plaasvind. Eerstejaarstudente het gevolglik die keuse om via die TSP by die GTA of MTC in te skryf.

Voornemende eerstejaarstudente word versoek om per skrywe aan die Registrateur van die TSP, mev. Lieze Coetzer, aan te dui by watter instansie elkeen wil studeer. Indien verdere toeligting benodig word oor beide instansies en/of die programme wat by elkeen aangebied word, kan verdere toeligting via die Registrateur aangevra word wat studente in kontak met die Rektor van die Teologiese Skool sal bring ([e-pos verborge — meld aan om te sien]). Ons bede is dat elke eerstejaarstudent die keuse biddend sal uitoefen.

In Christus, Dr Deon Lartz (Voorsitter: Kuratorium van die GKSA) Prof Albert Coetsee (Rektor: Teologiese Skool Potchefstroom)

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.