Aankondiging2026-05-101 min lees

"Wat baat dit die mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?" (Matt 16:26)

Maar hoe leef ek my geloof by die werk uit? Hoe versoen ek my geloof met my dagtaak?

In God en my werk vertel die skrywer van sy eie stryd met ambisie, geld, verhoudings, sukses en mislukking. Hy maak gebruik van Bybelse waardes en gee praktiese raad oor hoe om na werklike etiese dilemmas in die werksplek te kyk.