Aankondiging2026-05-171 min lees

Die onderstaande lewensverhale herinner ons dat elke mens se pad deel vorm van God se groter plan.

  • Paulus – 'n geroepe apostel van Jesus: 'n klassieke biografiese roman oor die lewensverhaal van die apostel. 'n Boeiende vertelling.
  • Son of Hamas: Lees die inspirerende outobiografie van Mosab Hassan Yousef, nou bekend as Joseph, wat hom tot die Christendom bekeer het. Sy vader is 'n stigterslid van die Islamitiese organisasie, Hamas.
  • Dawinshwa: 'n Persoonlike verhaal oor lyding, verlies en God se trou. Die titel Dawinshaw, wat "Ons God genees" beteken, is die kernboodskap van die verhaal.
  • 558 Days – a true story: 'n Aangrypende verhaal deur Yolandie Korkie oor die 558 dae waartydens sy en haar man deur Al Qaeda as gyselaars in Jemen aangehou is.