Projek2026-02-151 min lees
Baie dankie vir die munte wat ons ontvang het. Ons kon 'n bedrag van R230 se sente insamel en aan die Bybelgenootskap skenk.
Hou asseblief aan om alle los sente in die houer op die tafel in die voorportaal te plaas of indien jy munte het om te skenk, kontak gerus vir Martin van Dalen.
Net 'n vriendelike versoek om asseblief nie 1c, 2c en 5c munte te gee nie. Ons kan nie daardie munte by die bank inbetaal nie, omdat dit nie meer in gebruik is nie.
'n Groot dankie aan almal se ondersteuning aan die projek.
