Eredienste2026-05-241 min lees

Ons vier DV volgende Sondag 31 Mei die sakrament van die Nagmaal in opdrag van ons Here Jesus Christus.

In die oggende geskied dit in die banke asook aan tafel terwyl dit in die aande slegs aan tafel gevier word. Die ouderlinge sal tydens die bediening van die Nagmaal die wyn en die brood uitdeel. Hou dit gerus by u sodat ons almal saam die Nagmaal kan vier.

Besoekers wat aangedui het dat hulle saam met ons Nagmaal wil vier, is hartlik welkom!

Indien u dalk die oggend of aand ’n besoeker is, is u ook welkom om die Nagmaal saam met ons te vier indien:

  • u onvoorwaardelik Jesus Christus as Verlosser en Koning bely en biddend navolg deur die krag van die Heilige Gees
  • u die gereformeerde godsdiens bely en beoefen
  • u die vrymoedigheid het om die Nagmaal in u eie gemeente te vier en nie onder kerklike tug staan nie

Skriftelike aansoeke kan gerig word aan [e-pos verborge — meld aan om te sien]

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.