Barmhartigheid2026-06-141 min lees· Diakonie

Ons het laasweek Sondag met groot hartseer verneem van die tragiese gebeure in Lukulu, Zambië, waar sewe mense, waaronder 'n klein kindjie, hul lewens verloor het nadat gewapende misdadigers huise aan die brand gesteek het. Verskeie gesinne het nie net geliefdes verloor nie, maar ook hul huise, besittings en lewensmiddele.

Bogenoemde het plaasgevind by die stat (village) van pastoor Paul Kamboyi. Hy is een van die studente wat pas voor die insident plaasgevind het, verder opgelei is in Harvesters Ministries se program deur broeder AJ Kruger. Pastoor Paul, wat blind is, is ook goed bekend aan Reynold & Vicki.

As liggaam van Christus word ons geroep om saam met dié wat ly, te treur en om mekaar se laste te dra (Galasiërs 6:2). Die Diakonie wil daarom die gemeente aanmoedig om uit dankbaarheid vir God se genade en uit liefde vir ons medegelowiges, 'n finansiële bydrae te oorweeg.

Indien u 'n bydrae wil maak, kan u deur middel van 'n EFT na GKBO rekening doen - Afsnytyd: 30 Junie. Merk asseblief u bydrae: "LUKULU NOODFONDS"

"Laat ons dan, terwyl ons die geleentheid het, aan almal goed doen, maar veral aan die huisgenote van die geloof." — Galasiërs 6:10