Aankondiging2026-06-141 min lees

Die digbundel "SON(DE)DAE - Gedigte uit 'n lewensreis" uit die pen van Anton van Rensburg het pas verskyn. In die bundel word op die spoor van die Heidelbergse Kategismus, ervarings en gedagtes uit sy jare as sendeling, asook sommige ander wêreldgebeure, in digvorm verwoord.

Die bundel is beskikbaar teen R100.00 per eksemplaar. Vyftig persent van die opbrengs van die bundel word ten behoewe van die GK Crossroads aangewend.

Skakel vir Anton by [nommer verborge — meld aan om te sien] as u belangstel. 'n Eksemplaar sal ook in die Mediateek beskikbaar wees.

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.