Barmhartigheid2026-01-181 min lees

Die afsterwe van 'n geliefde, vriend, familie of kennis word deur ons almal verskillend beleef, maar daar is emosies en praktiese ooreenkomste waarin ons almal deel. Die gemeente bied weer, soos verlede jaar, hierdie ondersteuningskursus (GriefShare) aan.

Om die nodige beplanning te doen, word 'n aanduiding benodig van hoeveel lidmate en ander belangstellendes wil deelneem. Die kursus word beoog om op 5 Februarie 2026 te begin. Byeenkomste vind meestal op Donderdagaande plaas van 18:00–20:00 in die kerkgebou, met koffie/tee en verversings ná elke sessie.

Laat asseblief so gou moontlik weet vir Reinder indien jy belangstel om deel te wees van die ondersteuningsgroep. Reinder se kontakbesonderhede: Selfoon [nommer verborge — meld aan om te sien], epos [e-pos verborge — meld aan om te sien]

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.