Dankie2026-02-221 min lees

Ons Silwer Seniors wil graag ons dank uitspreek vir verlede Saterdagoggend se heerlike onthaal in die kerksaal. Dit was weer 'n voorslag-byeenkoms met heerlike musiek, eetgoed en baie lekker kuier. Ons waardeer die insette van almal wat soveel moeite gedoen het om alles vlot te laat verloop om ons te ontvang.