Gebeure2026-05-171 min lees

Con Spirito Filharmonies bied 'n opwindende geleentheid om deel te neem aan die uitvoering van uittreksels uit Handel se Messiah op Saterdag 22 Augustus 2026. Indien u vantevore Messiah gesing het of dit vir die eerste keer wil beleef, is u baie welkom - veral tenore en basse.

Oefeninge vind plaas op Maandagaande van 19:00 tot 21:00 in die Gereformeerde Kerk Bellville Oos (GKBO) in Cherrystraat, Belair. Ons begin oefen op Maandag 25 Mei 2026. Uitvoering is in Uitsig NG Kerk in Mountain View Rylaan, Ridgeworth.

Vir meer inligting kontak Sjoerd of Anna-Marie Alkema by Allmusic: [nommer verborge — meld aan om te sien] of stuur 'n e-pos na [e-pos verborge — meld aan om te sien]. Moenie dat die geleentheid verbygaan nie!

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.