Barmhartigheid2026-06-211 min lees

GKBO is al jare lank betrokke by twee van die tehuise van die Stikland psigiatriese inrigting. Ons het die tehuise al gaan opknap, vir die inwoners gebraai, en bied gereeld godsdienssessies daar aan.

Dit is 'n besondere verrykende belewenis om gesprekke met hierdie psigiatriese pasiënte oor geloofsake te hê. Hoe mense wat lewenslank so ernstig beproef word dat hulle nie selfstandig kan lewe nie, tog ook groot genade ervaar. Hulle situasie maak dat hulle veel minder blootgestel is aan 'n wêreld wat toenemend sy rug op die Christelike geloof draai.

Elke sessie by een van die twee tehuise duur tipies so 30–40 minute: 'n paar liedere, 'n openingsgebed, 'n gesprek, weer liedere, en 'n dankgebed.

Ons wil graag nog twee gereelde medewerkers kry, en doen 'n ernstige beroep op belangstellende lidmate om 'n sessie of twee te kom meemaak. Die ideaal is 'n sessie elke Maandagmiddag by beide tehuise.

As jy belangstel of meer wil weet, kontak vir Douw Krüger by [nommer verborge — meld aan om te sien], of stuur 'n epos na [e-pos verborge — meld aan om te sien].

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.