
Ons benodig dringend hulp van ons naaldwerksters en kreatiewe mense om te help om die geskenkies vir elke gas by die Sustersaamtrek te maak. Eenvoudige stikwerk – bring jou naaimasjien saam. Kreatiewes, bring asseblief jou "tools" saam! (Julle kan ook tuis help met die geskenke – gesels met ons!)
Op Saterdag 24 Januarie kom ons om 9:30 by die kerk bymekaar om lekker saam te werk en te kuier. Kom help en leer sommer jou mede-gelowiges ook beter ken.
Om te help met die stik van ons lap-geskenk (maklike stikwerk): skakel met Marié du Plessis ([nommer verborge — meld aan om te sien]) Om te help met die maak van kaartjies (enige medium): skakel met Jenny ([nommer verborge — meld aan om te sien])
Die Sustersaamtrek self vind plaas op 7 Maart, Saterdag om 09:30, met gasspreker Lindie Strydom. Koste: R200. RSVP teen 25.01.26 via http://bit.ly/4Ic8XMk
