Die byeenkoms van broeders van die VGK, Geref Kerk Bellville en Bellville-Oos op 21 November 2025 was baie nuttig en leersaam. Die byeenkoms se doel was om te sien waar ons daadwerklik uiting kan gee aan ons soeke na eenheid wat op offisieel kerklike vlak plaasvind.
Die gevoel van almal aanwesig was dat aksie onderneem kan/moet word op informele vlak om sodoende die eenwording te bevorder en gestalte te gee. Verskeie moontlikhede is geopper, soos werk onder dwelmverslaafdes, ouetehuise, kinderhuise en moontlik 'n gesamentlike teologiese biblioteek waar kursusse en lesings aangebied kan word.
Om 'n begin te maak word gevra dat uit elke een van die drie gemeentes een broer en een suster as verteenwoordiger aangewys kan word wat dan byeen sal kom om die moontlikhede te bespreek.
Die bedoeling is dat Januarie 2026 DV gebruik kan word om planne te beraam, wat dan deur elke verteenwoordiger in sy eie gemeente voorgelê kan word. En as ons dit in die vrese van die Here doen en vir die uitbreiding van Sy koninkryk kan ons Sy seën Sola Gratia daarop verwag. Psalm 133:1 Hoe goed is dit 'n huis vol lieflikhede dat broeders woon in onversteurbre vrede....so sal die liefde liefde wek!
Indien u geroepe voel om as verteenwoordiger voor te gaan, kontak asseblief vir Ds Brahm ([nommer verborge — meld aan om te sien]).
— Anton van den Bout
