Barmhartigheid2026-06-141 min lees

"U-Turn" is die groep wat die gedeelte agter in ons kerk huur. Hulle help hawelose en verslaafde persone (wat hulle "champs" noem) op 'n christelike wyse om weer 'n plekkie in die samelewing te kry deur te leer lees en skryf, rekenaarvaardigheid, ens. Maandeliks is daar dan "champs" wat van fase tot fase gepromoveer word en dit word gevier met koek en koeldrank op 'n Vrydag. Hulle het gevra of ons gemeente dalk kans sien om 'n koek te skenk vir hierdie geleenthede!

As jy voel dat jy dalk kan help, (1x per jaar!) kontak my ASSEBLIEF: Elfriede [nommer verborge — meld aan om te sien]. BAIE DANKIE

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.