Barmhartigheid2026-03-081 min lees· Diakonie
Uitreik na laerskoolkinders in Goliath Estate

Ons Diakonie en jong Geloofsfamilies het onlangs 'n besondere oggend saam met die laerskoolkinders in Goliath Estate beleef. Met verskeie prettige en betekenisvolle aktiwiteite is die kinders besig gehou terwyl hulle die Woord van die Here kon leer en beter verstaan.

Die primêre boodskap van die dag was die Tien Gebooie, en dit was wonderlik om te sien hoe die kinders met oorgawe deelgeneem en geleer het. Altesaam 30 kinders was in die biblioteek teenwoordig.

Groot dank aan Arnold en Gerrit wat die dag so mooi gereël het. Dankie ook aan Marili wat haar kreatiwiteit en besondere vermoë om kinders te betrek, tot diens van ons Vader aangewend het.

'n Opregte dankie aan elke helper wat betrokke was by die voorbereiding en saamwerk, asook met die reëlings en kos.

Alle eer aan die Here vir 'n geseënde oggend!