Gemeente2026-03-011 min lees· Mediateek
Van die Mediateek: boeke spesiaal vir tieners

Moenie vir Ma sê nie – Elize Parker

'n Tienerroman van 'n veertienjarige dogter wat binne die onvolmaakte wêreld van vandag grootword. Die roman is gelaai met groepsdruk, streshantering, die oorheersende wêreld van die rekenaar en die internet, die pyn en verwarring van grootword, liefde en verliefdheid, isolasie, gesinskonflik, ontvlugtingsmeganismes, gebrekkige godsdiensonderrig, ens. Morele waardes kom sterk na vore: 'n mens jok nie vir jou ouers nie, tree verantwoordelik op en neem die verantwoordelikheid vir jou eie optrede.

Andere tieneroeke in die mediateek sluit in: "20 dinge waarmee seuns struggle" (Johan Smith), "Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is" (Johan Smith), en "Verhoudings, liefde, seks vir die jongklomp" (James N Watkins).