Gebeure2026-06-071 min lees· Veterane
Die Veterane beplan om DV op 22 Junie te kom luister wanneer Michal Muller, uitmuntende kenner van voëls, vertel van die interessantste geveerdes wat hy al bestudeer het.
Ons hou ook die oggend 'n winterpiekniek by die kerk. Klaar verpakte piekniekverversings kan teen slegs R60.00 elk bestel word. Ons benodig die aantal bestellings voor 18 Junie vir voorbereiding.
Skakel vir Hettie ([nommer verborge — meld aan om te sien]) of Anton ([nommer verborge — meld aan om te sien]). Belangstelling is groot en baie bestellings is reeds via die WhatsApp-fasiliteit ontvang.
Datum: Maandag 22 Junie
Tyd: 9:30
Plek: By die kerk
Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.
