Die Vrolike Veterane beplan weer om op Maandag, 9 Februarie in die kerk bymekaar te kom. Ons gaan luister na Arne Singels wat met ons kom gesels oor watersake in die Kaap. Ons is bevoorreg dat hy een van ons lidmate is – hy was baie jare lank in beheer van die bestuur van watersake en van die damme wat water voorsien aan Kaapstad, en ken dus die onderwerp deur en deur.
Tydens ons vergadering gaan ons ook verder beplan vir die jaar wat voor ons is.
Maak nie saak hoe oud jy is nie, as jy nie by die werk hoef te wees nie, kom gerus saamluister en saamgesels. Spaar intussen maar water waar jy kan.
Tyd: Maandag 9 Februarie om 9:30 Plek: By die kerk
Bring jou idees saam oor moontlike uitstappies en/of onderwerpe om oor te gesels gedurende 2026.
