Baie dankie aan elkeen wat bygedra het om die lewens en welsyn van die erg behoeftige mense op Goliath draagliker te maak. Vir Ria, Charitas en die skrywer is dit 'n groot bemoediging om die genadewerk te ervaar wat God deur julle daar verrig.
As iemand 'n verf- of tuinwerkie of enigiets vir 'n "handyman" te doen het, skakel asseblief vir Nigel ([nommer verborge — meld aan om te sien]) of Jonty ([nommer verborge — meld aan om te sien]). Dan soek 'n ouma 'n hangkas: sedert Goliath 'n jaar gelede afgebrand het, lê die gesin se klere in hopies op die vloer van hul "herboude huisie". As iemand kan help, skakel asseblief vir oom Chris ([nommer verborge — meld aan om te sien] / [e-pos verborge — meld aan om te sien]). Baie dankie.
Oom Chris
