Nigel Johannes is een van die kerngroepie kerkgangers wat getrou op Goliath bymekaarkom en 'n voorbeeld is vir die gemeenskap. Hy was 'n bendeleier en tikverslaafde, maar het ses jaar gelede (in sy eie woorde) "God ontmoet" by die Nuwehoop Vernuwingsentrum op Vredenburg voordat dit moes sluit.
Hy het meestal stukwerkies gedoen, maar het uiteindelik drie maande gelede 'n vaste werk gekry. Verlede week moes die fabriek afskaal en is hy afgedank volgens die beginsel van "laaste in, eerste uit". Hy sal enige wettige werk doen, maar is taamlik goed geskool in verfwerk: ken soorte verf, onderlae, voorbereiding en afwerking. Hy het ook 'n basiese kursus in sekuriteitswerk gedoen, maar het nog nie Psira-registrasie gekry nie weens sy misdaadrekord.
Enigiemand wat werk het vir hom (stukwerk of permanent) kan hom bel by [nommer verborge — meld aan om te sien] of vir Oom Chris by [nommer verborge — meld aan om te sien].
