top of page

BYBELSE BERADINGSDIENS
AAN DIE GKBO EN GEMEENSKAP

Psalm 62:2-3: Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.

WAT IS ONS MISSIE?

Gedurende ons lewensreis het ons soms hulp en ondersteuning nodig binne ‘n veilige en vertroulike spasie. ‘n Plek waar ons hemelse Vader ‘n goed toegeruste berader gebruik om ons deur sy Woord en Gees te begelei, sodat Hy ons denke en lewe kan vernuwe.

Ons beradingspan wil jou graag bystaan om te groei in jou geloof, hoop en liefde. Ons nooi jou vriendelik uit om kontak te maak met ‘n berader van jou keuse.

WIE IS ONS?

VORSTER.jpg
CHERIE.jpg
HENNIE.jpg
EUGENE.jpg
VORSTER COMBRINK

vorster@abbo.org.za

082 872 9725

​

OPLEIDING

ThD in Praktiese Teologie (NWU)

Pastorale Terapie (UNISA)

Bybelse Berading (ABBO)

Kinderberading (Petra)

​

ERVARING

Gemeente-pastor (28 jr)

Bybelse berader (26 jr)

Opleier van beraders (20 jr)

Bestuurder by ABBO (15 jr)

​

FOKUSAREAS

Huwelik: Keuse & voorbereiding; toewyding; kommunikasie; konflikhantering; seks, ens.

Ouers en kinders: Ouer-kind-verhouding 0–18jr; vestiging van identiteit

Trauma: Akute trauma; ouerhuis-trauma; seksuele trauma; kroniese trauma; post trauma

Verslawings: Verhoudings; middels; voedsel; geld; seks

HENNIE KRUGER

henniekruger73@gmail.com

072 320 8170

​

OPLEIDING

B.Com - Finansiële Bestuur (2016)

ABBO Kursusse 1 & 2 (2019 – 2021)

​

ERVARING

Finansiële Instellings (Bankwese & Beleggings) (20 jr)

Voorsitter van diakonie GKBO (10 jr+)

Barmhartigheidsdiens: jarelange Informele berading

ABBO - Berader (2022)

​

FOKUSAREAS

Finansiële Rentmeesterskap, rou en verliesverwerking, konflik en verhoudings

EUGENE VILJOEN

emyn04@gmail.com

084 023 8239

​

OPLEIDING

B. Comm. (UPE)

B.D. (Universiteit Pretroria)

Nagraadse navorsing (Theologische Universiteit Kampen – Broederweg, Nederland)

M.Th. (Spesialisasie Christelike Etiek – Universiteit Stellenbosch

​

ERVARING

Gemeentepastor (19 jr)

Private beradingspraktyk (5 jr)

Predikant (10 jr) by Reformatoriese Studiesentrum

​

FOKUSAREAS

Algemene etiese vraagstukke insluitend seksualiteit en geslagtelikheid, genadedood, selfdoding, reg en geregtigheid, lewenseinde, huwelik, egskeiding, hertrou en huwelikvoorbereiding

CHERIE FOURIE

cherie@abbo.org.za

083 522 7667

​

OPLEIDING

Christelike Hoër Onderwys Diploma, Potchefstroom

ABBO-kursusse 1,2,3,5 + tans 4 o.l.v. dr Vorster Combrink, dr Marius Schalekamp, Johan Eloff

​

ERVARING

Onderwys - IEB, GCSE, ACE 1985-201

Berading 2014-2022

​

FOKUSAREAS

Vroue en kinders, egskeiding, dood, rou, huwelik, mishandeling, aftrede, konflik, skolastiese vordering, selfbeeld en identiteit

WAT KOS DIE BERADING?

  • Berading geskied teen R350 per uur, maar kan ook afwaarts aangepas word by die finansiële vermoë van die kliënt.

  • Vergoeding vir berading aan ‘n behoeftige lidmaat kan vooraf vertroulik in oorleg met die voorsitter van die diakonie gereël word.

  • Vergoeding vir berading aan ‘n behoeftige kerklose persoon kan vooraf met die voorsitter van die evangelisasiekomitee gereël word.

  • ‘n Lidmaat van ‘n ander gemeente wat nie die beradingsfooi kan bekostig nie / gedeeltelik kan bekostig, kan sy/haar gemeente nader vir geldelike hulp.

​

WAAR VIND DIE BERADING PLAAS?

Barading vind plaas in die gesprekskamer van die kerkgebou, in die berader se kantoor, of aanlyn.

bottom of page