top of page

jou bydraes

maak 'n groot verskil

Die gemeente se lopende uitgawes en skuldverpligtinge word betaal uit die Algemene Kerkkas. Inkomste hiervoor word verkry deur bydraes van lidmate wat spesifiek geoormerk word vir die Kerkkas.

​

Vir begrotingsdoeleindes word alle besoekpunte gevra om jaarliks ’n Bydrae-begrotingsvorm te voltooi. Dit word gebruik om die komende jaar se finansies van die gemeente te beplan. Die vorm word gewoontlik in November elke jaar aan lidmate per epos gestuur, maar kan ook afgelaai word deur die volgende skakel te kliek (Bydrae-begrotingsvorm). U kan die vorm voltooi en aan die kassier stuur by kassier@gkbo.org.za.

​

Bydraes aan ander instansies en fondse (insluitende kollektes) word slegs deur die gemeente geadministreer en oorbetaal aan die onderskeie instansies.

BYDRAES KAN OP VERKEIE MANIERE OORBETAAL WORD:

DEBIET-ORDER

U voltooi die betrokke gedeelte op die bydrae-vorm wat die kerk toestemming gee om 'n bepaalde bedrag van u bankrekening aan te vra.

​

Die vorm kan met hierdie skakel afgelaai word (Bydrae-vorm) en is ook beskikbaar op die Aflaai blad van die webwerf.

kontant OF tjek

Plaas u bydrae in 'n koevert en plaas dit Sondae in die kollekte-sakkie.

Merk die koevert duidelik met

u naam en lidmaatnommer asook hoe die bydrae aangewend moet word. Bydrae-koeverte is gewoonlik

beskikbaar op die tafel in die voorportaal, maar u kan ook enige koevert gebruik as u verseker dat bogenoemde inligting daarop verskyn. 

aftrek-order

U gee u bank opdrag om maandeliks 'n vasgestelde bedrag oor te betaal in die kerk se bankrekening.

 

U is self verantwoordelik vir hierdie opdrag en moet dit met u bank direk reël.

BANKOOR-PLASING

Gebruik u lidmaatnommer en u van as verwysing wanneer u die oorplasing doen.

​

Gereformeerde Kerk Bellville-Oos

Bank: Absa

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1450 340 029

KOLLEKTES

Sien die Kollektes bladsy vir 'n opsomming van al die instansies en sake waarvoor ons kollektes aangewend word.

​

Die kollektes by die deure word weekliks geoormerk vir verskillende projekte of fondse.

​

Die kollekte onder die diens is altyd vir die diakonale kas.

Bydraes
bottom of page