top of page
So. 02 Jan.
|Gereformeerde Kerk Bellville-Oos
Beperkte Sitplek Erediens - 2 Januarie 2022 Oggenderediens om 9:00
Erediens met registrasie vir maksimum 350 lede (50% van gebou se kapasiteit)
Registrasie is Geslote
Sien volgende gebeureTime & Location
02 Jan. 2022 09:00 – 10:00
Gereformeerde Kerk Bellville-Oos, 4 Cherry St, Bellair, Cape Town, 7530, South Africa
Guests
About the event
Die volgende reëlings sal geld vir hierdie oggend-eredienste:
- Almal word gevra om in groot verantwoordelikheid te besluit oor sy/haar teenwoordigheid. Indien u self siek is of ‘n risiko vir ander lidmate is om ook siek te word, vra ons u om uit liefde en omgee vir u medegelowiges tuis te bly en op die internet-uitsending in te skakel.
- Almal moet asseblief hulle plekke vooraf bespreek sodat ons nie die gemagtigde getal van 350 persone oorskry nie. U kan u plek deur die loop van die week op ons gemeente se webtuiste bespreek. Indien u nie internet het nie kan u vir Jenny in die kerkkantoor (021-919 4303) skakel vir hulp. Die besprekingstelsel op ons webtuiste is so opgestel dat indien die getal van 350 persone vol is, daar geen verdere besprekings aanvaar word nie. Â Indien die besprekings vol is kan ons ongelukkig geen "instappers" akkommodeer nie.
- Almal word versoek om steeds ‘n masker te dra en by aankoms van die hand saniteerder gebruik te maak. Behou in die kerkgebou asook daarbuite ‘n veilige afstand tussen u en ander lidmate.
- Daar sal twee bemande ingange wees. By aankoms word u versoek om by die bemande tafel net langs u naam te teken by die twee belangrike covit-vrae oor u gesondheid en bewegings. Die vrae is: Enige covid-19 simptome? Laaste 14 dae enige kontak gehad met ‘n positiewe covid-19 geval?
- U word ook vriendelik versoek om in die kerkgebou ‘n veilige afstand tussen u en ander lidmate te behou. Gesinne en egpare kan egter bymekaar sit.
- Daar sal vir veiligheid geen kollektes tydens die eredienste opgeneem word nie. Ons vra u om steeds deur middel van Zapper of ‘n elektroniese inbetaling u bydrae te gee met die korrekte verwysing.
- Na afloop van die eredienste word u ook vriendelik versoek om nie in die kerkgebou te kuier nie maar wel buite met inagneming van u eie en ander se veiligheid.
- Hierdie reëlings sal voortdurend gemonitor word en aangepas word waar nodig.
Tickets
Beperkte Plekke
RÂ 0,00Sale ended
Total
RÂ 0,00
bottom of page